Rodney Moffett (Research associate, Dept. of Plant Sciences, UFS) contributing with a series of articles regarding the more interesting plants in the Clarens Village Conservancy.
SOME OF THE MORE INTERESTING PLANTS IN THE CLARENS VILLAGE CONSERVANCY. No. 3
Laat my langs die heide wandel, Waar die heiderosies blom. Waar uit bossies en groen weiland Nuwe lenteliedjies kom.
Gé Korsten en Min Shaw se alombekende lied vestig die aandag hierdie lente aan die heide-soorte in ons Clarens Bewarea.
Daar kom drie soorte Ericas binne die bewareagrense voor en nog twaalf ander in die nabyliggende berge. Van hierdie twaalf is sewe beperk tot die Drakensberge en word dus beskryf as endemies aan die bergreeks.
Die naam Erica kom moontlik van die Grieks ereika wat beteken – dit wat maklik breek, en verwys na die soort se takkies wat maklik breek.
Die Erica familie is ‘n besondere groot familie wat bekende tuinplante soos Azalea en Rhododendron insluit, asook die Bloubessie (Vaccinium) waarmee in ons omgewing (Slabberts) nou geboer word. Erica self, bestaan wêreldwyd uit oor die 800 soorte, waarvan ongeveer 650 in Suid-Afrika voorkom, met 600 in die Wes- en Suidkaap alleen. Die plante is klein immergroen struike met kleurryke blomme wat wissel van 2mm tot 35mm in lengte. Verbouing is deur middel van steggies in herfs of deur middel van saad.
Erica cerinthoides – rooihaartjie – red sticky heath – momonyane in Sesotho. Die naam cerinthoides beteken – soos die heuningblom, Cerinthe. en die Sotho naam verwys na klein lippe. Dit is ‘n ylvertakte struik tot 800 mm hoog met kort naaldvormige blare en rooi buisvormige blomme. Nie volop in die CVC nie en kom gewoonlik tussen rotse in die hoër dele voor.

Erica cerinthoides. Foto: Wim Wybenga
Erica alopecurus – vosstert erica, foxtail erica, tjhesa ditedu in Sesotho. Die naam alopecurus vergelyk die bloeiwyse met die van ‘n vos se stert en die Sesotho naam beteken ‘n brandende baard. Dit is ‘n dwerg heide tot 300 mm hoog, met regopgroeiende stingels afgerond met ‘n borselagtige bloeiwyse van klein, diggepakte pienk blommetjies. Kom voor in vogtige grassland en mooi voorbeelde kan aan die suidekant van die Kloofdam gesien word.

Erica alopecurus. Foto: Wim Wybenga
Erica maesta – geen volksnaam nie, no common name in English or Sesotho. Maesta is Latyn vir treurig en verwys moontlik na die piepklein blommetjies, wat in vergelyking met die ander ericas, onopsigtelik is. Die plante is veelvertakte dig struike tot 100cm hoog en kom op die berghange voor. En is veral volop langs die Mallen-staproete.

Erica maesta. Langs Mallen-staproete

Erica maesta. In volle blom. Beide foto’s: Rodney Moffett.
ERICAS (heather) in the Clarens Village Conservancy.
Ericas, of which there are over 800 species worldwide with over 600 in the western and eastern Cape, form the largest group in a family containing such well-known plants as Azaleas and Rhododendron, as well as Blueberry (Vaccinium), the latter now grown commercially locally (Slabberts).
Three species are found in the CVC with another 12 in the nearby environment. Seven occur only in the Drakensberg and are thus endemic to that mountain range.
Ericas are small evergreen shrubs with short needle-like leaves and in most cases colourful tubular flowers.
The three species found in the CVC are:
0 Comments